Wanneer mens rondom jou kyk besef mens net al meer hoe belangrik dit vir almal is om by veranderde omstandighede aan te pas – maar steeds nog jouself te bly; om nie jou eie karakter, taal of kultuur sommer oorboord te gooi nie. Jong mense swerf deesdae die wereld oor – en dit maak die handhawing van taal en kultuur soveel moeiliker. Punt is, jy is net so gou weer terug in SA, en dan moet jy weer wortelskiet in jou eie bodem.
Maar aanpassings neem altyd tyd; niemand kan die mens se leefwereld net aan en af skakel soos lugreeling nie, en die aanpassings verg natuurlik geestelike energie. Ek is van die begin van 2010 weer in Suid-Afrika en vind dit nogal taai…. om terug te kom is nie vir sussies nie.
Aanpassings en uitdagings
September 15, 2010 by meinhard1
Welkom terug in SA!!! Nee man, daar’s mos Afrikaanse Bloed in jou are!! Dit kan net goed gaan. Hoekom voel jy dis nie vir sussies nie???
Al die Afrikaans waarna mens verlang het is hier, jaaaa dis sommer baie lekker; maar dit is gemengde pakket: van ‘n land sonder erge misdaad na ‘n land waar die bloed daagliks vloei; omkyk en rondkyk moet weer aangeleer word; oral sluit; motor is nie enige plek veilig nie; van ‘n werk met struktuur en fantastiese vergoeding na ‘n situasie van ekonomiese onsekerheid, en sonder struktuur; motor en gratis huis oorsee na eie bronne hier plaaslik – en laastens om weer by mense aan te pas wat jou intussen half en half afgeskryf het. Jip, nie vir sussies nie!
Maar ons land is so verruklik mooi – ek sal nooit weer blou lug, voellewe, mooi sonsondergange, berge, riviere, bome en ander plantegroei as vanselfsprekend aanvaar nie. As mens dit nog nooit gemis het nie, weet mens nie dit is hier nie. Ons het van die mooiste kuslyne in die wereld dink ek ook…. en natuurlik gawe en vriendelike mense boonop.
wel, jy kan spreek van geluk dat jy kon terug kom en in ‘n werk instap. Verder, hoe meer Afrikaans jy gaan praat. hoe meer Afrikaans gaan jy hoor.