
Atlantis (STS125) op pad na die Hubble Teleskoop
Daar is natuurlik baie dinge wat ons nog nooit gesien het nie – die diepste plek onder die see, of die verste ster bly buite ons bereik. Met die Hubble-teleskoop trek ons die flikkerende lig van biljoene jare gelede nader aan ons eie oog, kry ons genoeg pieksels om iets waar te neem uit die vrek-ver ruimtes: sterre en swart maalkolke in die ruimte – en dis die hele missie van STS 125, Space Shuttle Atlantis. Die bemanning (wat een vrou insluit) gaan kameras vervang, batterye omruil ens ens om seker te maak die teleskoop werk goed tot ongever jaar 2014. So kry ons dinge gesien wat ons nog nooit gesien het nie…. en loop die mens se verbeelding op ver paaie. Die lansering gebeur oor sowat 5 ure. Hou duimvas alles werk en die Shuttle maak dit suksesvol tot daar…. en weer terug! Ons pad na die natuur loop soms deur redelik ingewikkelde en riskante tegnologie… deur gewaagde ekspedisies, soos 100 jaar gelede na die Noord- of Suidpool met seilskepe; en in 1652 na SA met sulke wankelende vlagskepies van Holland af! In 1652 was daar seker baie wat Tafelberg toe vir die eerste keer gesien het!