
Schoongezicht naby Heidelberg (Tvl)
In ‘n vreemde land is alledaagse dinge vir die besoeker vreeslik mooi of interessant, jy pluk jou kamera uit en kiek die ding…; sou mens na jou eie land kyk soos ‘n besoeker, val gewone dinge jou weer op. Hierdie fototjie is naby Meyerton en Heidelberg (Tvl) geneem. In die agtergrond is die Suikerbosrante, en daar is ‘n ou begraafplaas met grafte vanaf die 1860′s. Die ou mense het hierdie deel “Schoongezicht gedoop…. seker ook nie verniet nie. Die Suikerbosrante het teen ongeveer 1970-1971 ‘n Natuurreservaat geword, en vandag loop daar groot troppe wildebeeste, sebras, en elande waar ons Rooi Afrikaners en melkbeeste sien loop het. Dis slegs 35km van Johannesburg af….